Joshua 16:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die grens het uitgegaan van Tappuag af weswaarts tot by die Kanarivier; en sy uitgange was by die see. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte.
Afrikaans (NLV) 2011 Van Tappuag af loop die grens wes met die Kanaspruit langs en eindig by die Middellandse See. Dit is die gebied van die families van die stam Efraim.
Afrikaans 1933/1953 Van Tappuag af loop die lyn in westelike rigting na die spruit Kana; verder loop dit dood by die see. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte;
Afrikaans 1983 Van Tappuag af loop die grens wes met Kanaspruit langs en dit loop dood aan die see. Dit is die gebied van die families in die stam Efraim.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Van Tappuag af loop die grens wes langs die spruit by Kana, met sy verste punt by die see. Dit is die erfdeel van die stam van Efraim se nageslag, vir hulle familiegroepe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Van die stad Tappuag gaan die grens wes in die Kana-vallei tot teen die see. Dit is die grond van die families in die Efraim-stam.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van Tappuag af loop die grens wes, al met die Kanaspruit langs tot by die Middellandse See. Dit was die gebied wat aan Efraim se nageslag behoort het.