Joshua 16:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit gaan weswaarts af na die kusgebied van Jafleti, na die kusgebied van Bet-Horon-onder en na Geser; en sy uitgange is by die see. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | dan weswaarts af na die gebied van die Jafletiete tot by die gebied van Bet-Goron-Onder en dan na Geser en dan loop dit dood teen die Middellandse See. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan loop dit af in die weste na die grondgebied van die Jafletiete, tot by die gebied van Bet-Horon-Onder en tot by Geser, sodat dit doodloop by die see. |
| Afrikaans 1983 | dan weswaarts af na die grens van die Jafletiete toe tot by die grens van Bet-Goron-Onder en Geser, en dit loop dan dood aan die see. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan daal dit wes, af na die gebied van die mense van Jaflet, tot by die grens van Bet-Goron-Onder, tot by Geser, met sy verste punt by die see. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna gaan die grens wes na die grens van die Jafletiete tot teen die grens van die stad Bet-Goron-Onder en die stad Geser, en dan tot teen die see. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hiervandaan gaan dit weswaarts af na die grens van die Jafletiete toe tot so ver as Bet-Goron-Onder en dan oor Geser tot waar dit doodloop teen die Middellandse See. |