Joshua 16:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het van Bet-el uitgegaan na Lus en deurgetrek tot by die grense van Archi na Atarot, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van Bet-El (dit is Lus) af loop dit na Atarot in die gebied van die Erekiete, |
| Afrikaans 1933/1953 | verder loop dit van Bet-el af aan na Lus en loop oor na die grondgebied van die Arkiete, na Atarot; |
| Afrikaans 1983 | Van Bet-El af loop dit na Lus toe, en verby die grens van die Erekiete na Atarot toe, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vanaf Bet-El strek dit verder na Lus en gaan dan verby die gebied van die mense van Ereg na Atarot. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en van Bet-El na die stad Lus, en dan verby die grens van die Arkiete na die stad Atarot. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van Bet-El af loop dit na Lus toe en dan oor die grondgebied van die Erekiete tot by Atarot. |