Joshua 16:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het die Kanaäniete wat in Geser gewoon het, nie verdrywe nie; maar die Kanaäniete woon onder die Efraimiete tot vandag toe en dien onder belasting.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Efraimiete het nie die Kanaäniete wat in Geser gewoon het, uitgedryf nie. Die Kanaäniete woon nou nog tussen die Efraimiete. Hulle word wel gedwing om vir hulle te werk.
Afrikaans 1933/1953 Maar hulle het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; so het dan die Kanaäniete onder Efraim bly woon tot vandag toe; maar hulle moes dwangarbeid verrig.
Afrikaans 1983 Die Efraimiete het nie die Kanaäniete verdryf wat in Geser gewoon het nie en die Kanaäniete woon nou nog tussen die Efraimiete, maar hulle doen dwangarbeid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het egter nie die Kanaäniete verdryf wat in Geser gewoon het nie. Die Kanaäniete het in Efraim bly woon, maar hulle moes dwangarbeid verrig; dit is vandag nog so.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Efraim-mense het nie die Kanaäniete oorwin en weggejaag wat in die stad Geser gewoon het nie. Die Kanaäniete woon nou nog tussen die Efraim-mense, maar hulle moet vir die Efraim-mense werk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het nie die Kanaäniete uit Geser uit verdryf nie, maar hulle toegelaat om tussen hulle te bly woon en hulle as dwangarbeiders vir hulle laat werk.