Joshua 16:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die lot van die kinders van Josef het geval van die Jordaan na Jérigo, tot by die water van Jérigo, aan die oostekant, na die woestyn wat van Jérigo af optrek deur die berg Bet-el,
Afrikaans (NLV) 2011 Die grond wat deur loting vir die nageslag van Josef uitgewys is, strek vanaf die Jordaan by Jerigo, oos van die Jerigofonteine, deur die woestyn na die berge by Bet-El.
Afrikaans 1933/1953 En die lot het uitgekom vir die kinders van Josef: van die Jordaan van J,rigo af, oostelik van die waters van J,rigo, na die woestyn wat van J,rigo af oploop in die gebergte, na Bet-el;
Afrikaans 1983 Aan die nakomelinge van Josef is deur loting 'n gebied toegeken wat strek van die Jordaan af regoor Jerigo, oos van die Jerigofonteine. Die grens loop van Jerigo af oor die woestyn op na Bet-El se berge toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die uitkoms van die lot vir die nageslag van Josef was soos volg: Die grens begin by die Jordaan teenoor Jerigo, aan die oostekant van die Jerigo-fonteine. Deur die droë deel loop die grens vanaf Jerigo op in die berggebied van Bet-El.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het lootjies getrek en hulle het vir die nageslag van Josef die grond gegee wat begin by die Jordaan-rivier naby Jerigo, oos van die Jerigo-fonteine. Die grens gaan van Jerigo deur die woestyn na die Bet-El-berge,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die gebied wat die kinders van Josef gekry het, het gestrek van die Jordaan af naby Jerigo, by ’n punt oos van Jerigo naby die fonteine waar Jerigo se drinkwater vandaan gekom het. Van daar af loop die grens deur die woestyn in die bergagtige gebiede in tot so ver as Bet-El.