Joshua 15:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die grens is getrek van die top van die heuwel af tot by die fontein van die water van Neftoa en uitgegaan na die stede van die berg Efron; en die grens is getrek na Baäla, dit is Kirjat-Jeárim. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van bo van die berg af draai die grens na die Neftoagsfontein toe, en loop dan aan na die dorpe teen Efronberg en draai daarna na Baäla toe, dit is Kirjat-Jearim. |
| Afrikaans 1933/1953 | Van die top van die berg af buig die lyn dan om na die fontein van die waters van Neftoag en loop aan na die stede van die gebergte Efron; verder buig die lyn om na B äla, dit is Kirjat-Je rim. |
| Afrikaans 1983 | Van die top van die berg af draai die grens na Neftoagsfontein toe, loop aan na die stede teen Efronberg en draai na Baäla toe, dit is Kirjat-Jearim. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan swaai die grens weg van die top van die berg na die fontein van die Water van Neftoag, en strek verder na die dorpe van die berg Efron. Die grens swaai daarna weg na Baäla, dit is Kirjat-Jearim. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Van die boonste punt van die berg draai die grens na Neftoag-fontein, dan verder na die stede teen Efron-berg, en dan draai dit na die stad Baäla, dit is Kirjat-Jearim. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van daar af swaai die grens na die fonteine van Neftoag toe totdat dit uitkom by die dorpe naby die berg Efron. Daarvandaan draai die grens dan na Baäla toe, beter bekend as Kirjat-Jearim. |