Joshua 15:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die grens loop op na die dal van die seun van Hinnom na die suidekant van die Jebusiet; dit is Jerusalem, en die grens loop op na die top van die berg wat voor die dal van Hinnom lê, weswaarts, wat aan die einde van die dal van die Reuse noordwaarts lê.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit gaan dan verder met die Ben-Hinnomsdal op teen die suidelike hang van Jebusieteberg, waar Jerusalem vandag is. Dit gaan dan na die kruin van die berg bo die Hinnomsdal en dan na die noordelike punt van Spooklaagte.
Afrikaans 1933/1953 Verder loop die lyn op na die dal Ben-Hinnom, na die suidelike hang van die Jebusiete, dit is Jerusalem; dan loop die lyn op na die top van die gebergte wat westelik voor die dal Hinnom lê, wat aan die noordelike einde van die dal Refaim is.
Afrikaans 1983 daarvandaan op met Ben-Hinnomdal na die suidelike hang van Jebusieteberg, dit is Jerusalem, en op na die top van die berg wes van Hinnomdal by die noordelike punt van Spooklaagte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die grens loop daarna op met die Ben-Hinnomdal na die heuwelrug van die Jebusiete, dit is Jerusalem, in die suide. Die grens loop verder op na die top van die berg, wat langs die Hinnomdal aan die westekant en aan die einde van die vallei van Refaïm in die noorde lê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan gaan die grens op deur die Ben-Hinnom-vallei tot suid van Jebusiete-berg, dit is Jerusalem, en dan gaan dit op na die boonste punt van die berg wes van die Ben-Hinnom-vallei langs die noordekant van Spook-laagte.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van hier af gaan die grens op deur die Ben-Hinnomsvallei na die suidelike hang van die Jebusieteberg, waar die stad Jerusalem geleë is, en dan op na die top van die berg wes van die Hinnomsvallei aan die noordelike punt van die vallei van die Refaïete.