Joshua 15:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die grens loop op na Debir van die dal Agor af, en so noordwaarts, met die oog op Gilgal, dit is voor die opgang na Adummim, wat aan die suidekant van die Eufraat lê; en die uitgange daarvan was by Enrogel:
Afrikaans (NLV) 2011 Van daar gaan dit deur die Akorlaagte na Debir, dan swaai dit noord na Gilgal, regoor Adummims-hoogte suid van die spruit. Dan loop die grens verder tot by Semesfontein en Rogelfontein.
Afrikaans 1933/1953 Verder loop die lyn op na Debir, van die dal Agor af, en swaai dan noord na Gilgal wat teenoor die hoogte van Adummim, suidelik van die spruit lê; dan loop die lyn oor na die waters van die fontein Semes, sodat dit doodloop by die fontein Rogel.
Afrikaans 1983 op na Debir toe van die Akorlaagte af, en swaai noord na Gilgal toe wat regoor Adummimspas suid van die spruit lê. Dan loop die grens oor tot aan die water van Semesfontein en tot by Rogelfontein,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die grens loop uit die vallei van Agor op na Debir, en draai noord na Gilgal, wat teenoor Adummimhoogte en aan die suidekant van die dal lê. Die grens loop verby die waters van En-Sjemesj; sy verste punt lê by En-Roghel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarna gaan die grens van die Akor-vallei na die stad Debir, en dan draai dit noord na die stad Gilgal oorkant Adummim-pas, suid van die vallei. Die grens gaan dan verby na Semes-fontein en tot by Rogel-fontein.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarvandaan loop dit deur die Akorlaagte op na Debir toe, waar dit noordwaarts swaai na Gilgal toe, wat regoor Adummimspas, suid van die spruit, lê. Dan loop die grens van Juda verder tot by die fonteine van En-Semes en En-Rogel.