Joshua 15:63 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, betref, die kinders van Juda kon hulle nie verdryf nie; maar die Jebusiete het saam met die kinders van Juda in Jerusalem gewoon tot vandag toe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense van Juda het nie daarin geslaag om die Jebusiete wat in Jerusalem gebly het daar uit te verdryf nie. Die Jebusiete woon vandag nog daar saam met die mense van Juda. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die kinders van Juda kon die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, nie verdryf nie; daarom het die Jebusiete saam met die kinders van Juda in Jerusalem bly woon tot vandag toe. |
| Afrikaans 1983 | Die mense van Juda kon dit nie regkry om die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, te verdryf nie. Hulle woon vandag nog daar saam met die mense van Juda. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die nageslag van Juda was egter nie in staat om die Jebusiete, die inwoners van Jerusalem, te verdryf nie. Die Jebusiete het toe saam met die nageslag van Juda in Jerusalem bly woon; dit is vandag nog so. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense van Juda kon nie die Jebusiete, die mense van Jerusalem, oorwin en wegjaag nie. Hulle woon vandag nog daar saam met die mense van Juda. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense van Juda kon dit egter nie regkry om die inwoners van Jerusalem, die Jebusiete, uit hulle stad te verdryf nie. Daarom het hulle saam met die mense van Juda daar bly woon. |