Joshua 15:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarvandaan het dit deurgegaan na Asmon en uitgegaan na die rivier van Egipte; en die uitgange van daardie kus was by die see; dit sal julle suidkus wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarvandaan loop dit oor na Asmon toe en met die Egiptespruit langs totdat dit in die Middellandse See doodloop. Dit is Juda se suidelike grens. |
| Afrikaans 1933/1953 | dan loop dit oor na Asmon en loop aan na die spruit van Egipte, sodat die lyn doodloop by die see; dit sal julle suidelike lyn wees. |
| Afrikaans 1983 | Dan loop dit oor na Asmon toe en met Egiptespruit langs totdat dit teen die see doodloop. Dit is Juda se suidelike grens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | gaan verby Asmon en strek verder na die Spruit van Egipte. Die verste punt van die grens is die see. Dit is hulle suidelike grens. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna gaan die grens verby die stad Asmona en dan saam met Egipte-spruit tot by die see. Dit is die suidgrens van Juda. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van daar af loop dit oor na Asmon, totdat dit uiteindelik die Egiptespruit bereik en die spruit dan volg tot waar dit teen die Middellandse See doodloop. Dit is hoe Juda se suidelike grens lyk. |