Joshua 15:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het uitgegaan na die suidekant na Maalehakrabbim en deurgegaan tot by Sin, en aan die suidekant opgeklim tot by Kades-Barnea, en deurgegaan na Hesron en opgegaan na Adar en 'n kompas na Karkaa gaan haal.
Afrikaans (NLV) 2011 Van daar loop dit suid by Skerpioenhoogte verby na die woestyn van Sin toe, dan suid van Kades-Barnea verby, oor na Gesron toe, dan loop dit op na Addar en swaai daarna weg na Karka toe.
Afrikaans 1933/1953 en dit loop aan suid van Skerpioennek en loop oor na Sin en loop op suid van Kades-Barn,a en loop oor na Hesron en loop op na Addar en swaai na Karka toe;
Afrikaans 1983 en dit loop suid van Skerpioenpas verby na Sin toe, op na 'n punt suid van Kades-Barnea, oor na Gesron toe, op na Addar toe en swaai na Karka toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dan strek dit verder na die suide van die Akrabbimhoogte, gaan verby Sin en loop suid van Kades-Barnea op. Daarna gaan dit verby Gesron en loop op na Addar, draai dan weg na Karka,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en dan gaan die grens suid van Skerpioen-pas verby na die stad Sin. Daarna gaan die grens op na 'n plek suid van die stad Kades-Barnea en dan verder verby die stad Gesron. Daarna gaan die grens op na die stad Addar en dan draai dit na die stad Karka.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van daar af het dit suid van Skerpioenpas af geloop verby in die rigting van die Sinwoestyn. Dan strek dit suid verby Kades-Barnea, oor Gesron en op in die rigting van Addar. Daar swaai dit dan na Karka toe.