Joshua 15:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het geantwoord: Gee my 'n seën; want U het my 'n Suidland gegee; gee my ook waterfonteine. En hy het haar die boonste fonteine en die onderste fonteine gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sy het geantwoord: “Seën my tog. U het vir my grond in die droë Negevwoestyn gegee. Gee asseblief vir my ook ’n plek met water.” Hy het toe vir haar plekke met fonteine in sowel die hoërliggende as die laer dele gegee. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy sê: Gee my tog 'n geskenk; omdat u my na 'n dor land versit het, moet u my waterfonteine gee. Toe gee hy haar fonteine op die hoogte en fonteine in die laagte. |
| Afrikaans 1983 | en sy antwoord: “Gee my 'n stuk vrugbare grond. U het my die droë Suidland gegee. Gee my nou ook standhoudende water.” Hy het toe vir haar fonteine in die hooggeleë deel en fonteine in die laaggeleë deel gegee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy sê toe: “Gee vir my 'n buitengewone geskenk. Omdat u vir my grond in die Negev gegee het, moet u vir my waterbronne gee.” Hy het toe vir haar die boonste en die onderste bronne gegee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Sy sê toe: “Jy moet vir my vrugbare grond gee. Jy het vir my die Suid-land gegee, maar nou moet jy vir my ook plekke gee waar daar water is.” Kaleb het toe vir haar plekke gegee waar daar water was in die berge en in die valleie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | het sy geantwoord: “U het my die droë Suidland gegee. Wil u nie ook as huweliksgeskenk vir my goeie waterbronne gee nie?” Hy het toe vir haar fonteine op die heuwels en die vlakte gegee. |