Joshua 15:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En aan Kaleb, die seun van Jefunne, het hy deel gegee onder die kinders van Juda, volgens die bevel van die HERE aan Josua, die stad van Arba, die vader van Enak, dit is Hebron.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos die Here Josua beveel het, het hy aan Kaleb, die seun van Jefunne, ’n eie gebied toegeken tussen die mense van Juda. Hy het Kirjat-Arba, dit is Hebron, gekry, wat na een van die voorouers van die Enakiete vernoem is.
Afrikaans 1933/1953 Maar aan Kaleb, die seun van Jefunne, het hy 'n aandeel onder die kinders van Juda gegee, volgens die bevel van die HERE aan Josua: die stad van Arba, die vader van Enak, dit is Hebron.
Afrikaans 1983 Aan Kaleb seun van Jefunne het Josua, soos die Here hom beveel het, 'n eie gebied toegeken tussen die mense van Juda, naamlik Kirjat-Arba, dit is Hebron. Arba was die voorvader van die Enakiete.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan Kaleb, seun van Jefunne, is 'n deel gegee tussen die nageslag van Juda, ooreenkomstig die bevel van die Here aan Josua: Kirjat-Arba, dit is Hebron; Arba was die voorvader van Enak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het vir Kaleb seun van Jefunne 'n deel van die land gegee tussen die Juda-mense. Dit was die stad Hebron, hulle het die stad voorheen Kirjat-Arba genoem. Arba was die pa van Enak. Die Here het vir Josua gesê hulle moet die plek vir Kaleb gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Volgens die Here se opdrag aan Josua het hy aan Kaleb die seun van Jefunne ’n gebied binne Juda se grense toegeken, naamlik Kirjat-Arba. Dit is vernoem na Arba, die voorvader van die Enakiete. Hierdie gebied staan ook bekend as Hebron.