Joshua 15:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die grens loop uit na die kant van Ekron, noordwaarts, en die grens is getrek na Sikron en loop deur na die berg Baäla en loop uit na Jabneël; en die uitgange van die grens was by die see. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit gaan dan met die noordelike skuinste van Ekron langs en draai na Sikaron toe oor die Baälaberg verby Jabne, tot waar dit in die Middellandse See doodloop. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder loop die lyn aan noord na die hang van Ekron; dan buig die lyn om na Sikron en loop oor die berg B äla en loop aan na J bneël, sodat die lyn doodloop by die see. |
| Afrikaans 1983 | en met die noordelike hang van Ekron langs. Dan draai die grens na Sikaron toe en loop oor Baälaberg na Jabneël toe, waarna dit teen die see doodloop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die grens strek verder na die noordelike heuwelrug van Ekron, swaai dan weg na Sikaron, gaan verby die berg Baäla en strek verder na Jabneël. Die verste punt van die grens is by die see. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die grens gaan daarna tot by die noordekant van die stad Ekron, dan draai dit na die stad Sikkaron. Dan gaan dit verby Baäla-berg na die stad Jabneël en daarna tot teen die see. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [11-12] Die grenslyn gaan dan verder tot by die hange van Ekron en draai dan in die rigting van Sikaron, verby Baälberg na Jabne toe, waarna dit teen die kus van die Middellandse See as wesgrens doodloop. Die families van die stam van Juda het in hierdie gebied gebly. |