Joshua 15:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dit was dan die lot van die stam van die kinders van Juda volgens hulle geslagte; tot by die grens van Edom was die woestyn Sin na die suide aan die einde van die suidkus.
Afrikaans (NLV) 2011 Die lot het vir die stam van Juda op ’n gebied geval wat suidwaarts gestrek het tot aan die verre suidekant van die Sinwoestyn teen die grens van Edom.
Afrikaans 1933/1953 En vir die stam van die kinders van Juda, volgens hulle geslagte, het die lot geval: teen die grens van Edom, suidelik na die woestyn Sin toe, tot ver in die suide;
Afrikaans 1983 Aan die families in die stam Juda is deur loting 'n gebied toegeken wat suidwaarts gestrek het tot aan die verre suidekant van die Sinwoestyn teen die grens van Edom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is die gebied wat deur loting toegewys is aan die stam van Juda se nageslag, vir hulle familiegroepe: langs die grens met Edom, en suidwaarts met die Sinwoestyn as die suidelikste punt.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het lootjies getrek vir die families in die Juda-stam en hulle het vir hulle die land gegee tot ver suid van die Sin-woestyn, teen die grens van Edom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die gebied wat aan die families van die stam van Juda toegeken is, het suidwaarts gestrek tot by die grens met Edom met die mees suidelike punt die Sinwoestyn.