Joshua 14:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het op dié dag gesweer en gesê: Waarlik, die land waarop jou voete getrap het, sal jou erfdeel en jou kinders s'n wees tot in ewigheid, want jy het die HERE my God voluit gevolg.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het vir my daardie dag onder eed belowe: ‘Die land waarna jy gaan kyk het, sal vir altyd aan jou en jou nageslag behoort. Jy het volledig op God vertrou.’
Afrikaans 1933/1953 En die dag het Moses gesweer en gesê: Waarlik, die land wat jou voet betree het, sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as 'n erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om die HERE my God te volg.
Afrikaans 1983 en Moses het my daardie dag met 'n eed belowe: ‘Die gebied wat jy deurgestap het, sal jou en jou nageslag se permanente besitting wees omdat jy volhard het in jou trou aan die Here my God.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het daardie dag 'n eed afgelê, ‘Die grond waarop jou voet getrap het, aan jou sal dit as erfenis behoort, en aan jou nageslag vir altyd, omdat jy die Here my God met volharding gevolg het.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het daardie dag vir my belowe en hy het gesê die Here is die getuie. Moses het gesê: ‘Die land wat jy gesien het, sal altyd jou land en jou nageslag se land wees omdat jy aangehou het om die Here te dien.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom het Moses daardie dag ’n belofte aan my gemaak: ‘Die gebied waardeur jy geloop het, sal vir altyd aan jou en jou nageslag behoort omdat jy die Here jou God met jou hele lewe vertrou het.’