Joshua 14:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar my broers wat saam met my opgetrek het, het die hart van die volk laat smelt, maar ek het die HERE my God volkome gevolg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die ander mense wat saam met my gegaan het, het die volk bang gepraat om na die land toe te gaan. Ek het volledig by die Here my God gestaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | maar my broers wat saam met my opgetrek het, het die hart van die volk laat versmelt, terwyl ek volgehou het om die HERE my God te volg. |
| Afrikaans 1983 | maar my medeverkenners wat saam met my gegaan het, het die volk se hart laat verstyf van angs. Ek het die Here my God getrou gevolg, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My volksgenote wat saam met my opgetrek het, het egter die harte van die volk ineen laat krimp, maar ek het die Here my God met volharding gevolg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die manne wat saam met my gegaan het, het dinge gesê wat die mense bang gemaak het, maar ek self het aangehou om my God die Here te dien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My medeverkenners het egter die volk bang gepraat, maar ek was getrou aan die Here my God. |