Joshua 14:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek was veertig jaar oud toe Moses, die kneg van die HERE, my van Kades-Barnéa af gestuur het om die land te verken; en ek het hom weer verkondig soos dit in my hart was.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek was 40 jaar oud toe Moses, die dienaar van die Here, my van Kades-Barnea af gestuur het om die land te gaan verken. Ek het na hom teruggekom en verslag gedoen soos ek sake gesien het.
Afrikaans 1933/1953 Veertig jaar was ek oud toe Moses, die kneg van die HERE, my uitgestuur het van Kades-Barn,a af om die land te verken, en ek het hom berig gebring soos dit in my hart was;
Afrikaans 1983 Ek was veertig toe Moses, die dienaar van die Here, my van Kades-Barnea af gestuur het om die land te verken. Ek het aan hom verslag gedoen soos ek sake gesien het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek was veertig jaar oud toe Moses, die dienskneg van die Here, my uit Kades-Barnea gestuur het om die land te verken, en ek het aan hom verslag gedoen volgens my oortuiging.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek was 40 jaar oud toe Moses, die dienaar van die Here, vir my van Kades-Barnea gestuur het om te kyk hoe die land is. Ek moes eerlik vir hom kom sê wat ek gesien het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek was 40 jaar oud toe Moses die Here se dienaar my van Kades-Barnea af gestuur het om die land te gaan verken. Die verslag wat ek teruggebring het, was eerlik.