Joshua 14:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe kom die kinders van Juda by Josua in Gilgal, en Kaleb, die seun van Jefunne, die Kenesiet, het vir hom gesê: Jy weet wat die HERE aan Moses, die man van God, oor my en jou in Kades-Barnéa gesê het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mense uit die stam van Juda het onder leiding van Kaleb, die seun van Jefunne, ’n Kenassiet, na Josua gekom by Gilgal. Kaleb het vir Josua gesê: “Jy onthou wat die Here vir Moses, die man van God, in Kades-Barnea oor my en jou gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het die kinders van Juda nader gekom na Josua in Gilgal, en Kaleb, die seun van Jefunne, die Kenissiet, het vir hom gesê: U weet die woord wat die HERE met Moses, die man van God in Kades-Barn,a gespreek het met betrekking tot my en met betrekking tot u. |
| Afrikaans 1983 | Toe die mense van Juda na Josua toe gekom het in Gilgal, het Kaleb seun van Jefunne, 'n Kenassiet, vir Josua gesê: “Jy onthou wat die Here vir Moses, die man van God, oor jou en oor my gesê het in Kades-Barnea. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die nageslag van Juda het Josua in Gilgal genader, en Kaleb, seun van Jefunne, van die familie van Kenas, het vir hom gesê: “Jy self is bewus van die woorde wat die Here vir Moses, die man van God, gesê het oor my en oor jou in Kades-Barnea. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe die mense van Juda by Josua in Gilgal kom, het Kaleb, seun van Jefunne, 'n Kenissiet, vir Josua gesê: “Jy wéét wat die Here in Kades-Barnea oor my en jou gesê het. Die Here het dit vir Moses, die man van God, gesê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | By Gilgal het ’n afvaardiging van die stam van Juda onder leiding van Kaleb die seun van Jefunne, ’n Kenassiet, na Josua toe gekom. Kaleb sê toe vir Josua: “Jy onthou mos wat die Here vir Moses, die man van God, oor my en jou gesê het daar by Kades-Barnea. |