Joshua 14:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die kinders van Josef was twee stamme, Manasse en Efraim; daarom het hulle aan die Leviete geen deel in die land gegee nie, behalwe stede om in te woon, met hulle weiveld vir hulle vee en vir hulle besittings.
Afrikaans (NLV) 2011 Josef se nageslag het uit die twee stamme Manasse en Efraim bestaan. Die Leviete het nie ’n deel gekry nie, maar wel dorpe om in te woon met weidingsgebied vir hulle vee.
Afrikaans 1933/1953 Want die kinders van Josef was twee stamme: Manasse en Efraim; maar aan die Leviete het hulle geen aandeel in die land gegee nie, behalwe stede om in te woon, met hulle weiveld vir hulle vee en hulle goed.
Afrikaans 1983 Die nageslag van Josef het twee stamme gevorm, Manasse en Efraim, en die Leviete het nie 'n deel van die land ontvang nie, maar wel dorpe om in te woon en weidingsgebiede vir hulle veetroppe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die nageslag van Josef was immers twee stamme, Manasse en Efraim. Aan die Leviete is nie 'n aandeel in die land gegee nie, behalwe dorpe om in te woon en meentgrond vir hulle vee en bates.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was 13 stamme, want die nageslag van Josef was twee stamme, Manasse en Efraim, maar net twaalf stamme het grond gekry, want hulle het nie vir die Leviete 'n deel van die land gegee nie. Die Leviete het net stede gekry waar hulle kon woon en hulle het ook weiveld vir hulle diere gekry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die nageslag van Josef het twee afsonderlike stamme gevorm, naamlik Manasse en Efraim. Alhoewel die Leviete nie grond as ’n besitting gekry het nie, het hulle wel sekere dorpe gekry waarin hulle kon bly asook weiveld vir hulle vee en ander diere.