Joshua 14:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Moses het die erfdeel van twee en 'n halwe stam aan die oorkant van die Jordaan gegee, maar aan die Leviete het hy geen erfdeel onder hulle gegee nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het reeds vir die ander twee en ’n half stamme gebied oorkant die Jordaan gegee. Hy het nie vir die Leviete grond saam met die ander gegee nie.
Afrikaans 1933/1953 Want Moses het die erfdeel van die twee en 'n halwe stam oos van die Jordaan gegee, maar aan die Leviete het hy geen erfdeel onder hulle gegee nie.
Afrikaans 1983 Aan die ander twee stamme en die halwe stam het Moses 'n gebied oorkant die Jordaan toegeken, en aan die Leviete het hy nie 'n gebied toegeken saam met die ander nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses het immers die erfdeel van die twee stamme en die halwe stam oorkant die Jordaan aan hulle gegee, maar vir die Leviete het hy nie 'n erfdeel tussen hulle gegee nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het vir die ander twee en 'n halwe stamme grond gegee oos van die Jordaan-rivier, maar hy het nie vir die Leviete grond gegee saam met die ander stamme nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het reeds die gebied oos van die Jordaan aan die twee en ’n half stamme toegeken. Maar die Leviete het nie grond as ’n erfporsie gekry nie.