Joshua 14:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die naam van Hebron was voorheen Kirjat-Arba; en Arba was 'n groot man onder die Enakiete. En die land het rus gehad van oorlog.
Afrikaans (NLV) 2011 Hebron se naam was voorheen Kirjat-Arba. Arba was die naam van ’n groot held onder die Enakiete. Die land het tot rus gekom, want die oorlog was verby.
Afrikaans 1933/1953 En die naam van Hebron was tevore stad van Arba; hy was die grootste man onder die Enakiete. En die land het gerus van oorlog.
Afrikaans 1983 Die naam van Hebron was voorheen Kirjat-Arba. Arba was die naam van 'n groot man onder die Enakiete. Die oorlog was verby, die land het gerus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die naam van Hebron was voorheen Kirjat-Arba. Arba was die grootste onder die Enakiete. Die land het toe gerus van oorlog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die naam van die stad Hebron was voorheen Kirjat-Arba, Arba was 'n groot Enak-man. Daar was toe nie weer oorlog in die land nie, die land het gerus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hebron was voorheen bekend as Kirjat-Arba. Dit was vernoem na Arba, een van die beroemde helde van die Enakiete. Nou was daar uiteindelik vrede in die land.