Joshua 14:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gee my dan nou hierdie berg waarvan die HERE in dié dag gespreek het; want jy het in dié dag gehoor hoe die Enakiete daar was en dat die stede groot en omheinde was; as die HERE met my is, dan sal Ek hulle kan verdryf, soos die HERE gespreek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gee vir my asseblief die heuwelgebied waarvan die Here daardie dag gepraat het. Jy het daardie dag gehoor dat die Enakiete daar in groot, versterkte stede bly. As die Here by my is, sal ek hulle daar kan uitdryf soos die Here beloof het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Gee my dan nou hierdie bergland waarvan die HERE daardie dag gespreek het; want u self het die dag gehoor dat dr Enakiete is en groot versterkte stede; miskien sal die HERE met my wees, sodat ek hulle kan verdrywe, soos die HERE gespreek het. |
| Afrikaans 1983 | Gee my nou asseblief die bergwêreld waarvan die Here daardie dag gepraat het. Jy het daardie dag gehoor dat daar Enakiete is en groot vestingstede. Miskien sal die Here by my wees sodat ek hulle kan verower soos Hy beloof het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gee dan nou hierdie berggebied vir my, soos die Here daardie dag gesê het. Jy het immers self op daardie dag gehoor dat die Enakiete daar is met groot versterkte stede. Miskien is die Here met my, dan sal ek hulle verdryf, soos die Here gesê het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En nou moet jy vir my hierdie bergland gee wat die Here daardie dag belowe het. Jy het daardie dag gehoor dat daar Enak-mense woon en dat daar groot stede is wat sterk mure het. Miskien sal die Here my help sodat ek hulle kan oorwin, die Here het dit belowe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My versoek is dat jy nou vir my die berggebied sal gee waarvan die Here daardie dag gepraat het. Jy sal onthou dat die Enakiete in hulle versterkte stede daar bly, maar as die Here by my is, sal ek hulle kan verdryf soos Hy belowe het.” |