Joshua 14:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek is vandag nog net so sterk soos die dag toe Moses my gestuur het; soos my krag toe was, so is my krag nou vir oorlog, om uit te trek sowel as om in te gaan. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek is vandag nog net so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het. Ek het steeds dieselfde krag as destyds. Ek kan nog al die tyd uitgaan om oorlog te maak en veilig terugkom. |
| Afrikaans 1933/1953 | ek is vandag nog so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het; soos my krag toe was, so is my krag nou nog, om te veg en om uit te gaan en in te gaan. |
| Afrikaans 1983 | maar ek is vandag nog net so sterk as die dag toe Moses my uitgestuur het. Die krag wat ek toe gehad het, het ek nou nog. Ek kan nog gaan oorlog maak en behoue terugkom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek is vandag nog so sterk soos op die dag toe Moses my uitgestuur het. Soos my krag toe was, so is my krag nou nog om vir oorlog uit te trek en terug te keer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar ek is nou nog so sterk soos die dag toe Moses my gestuur het. Ek het nou nog die krag wat ek toe gehad het, ek kan nog oorlog maak en ek gaan en kom soos ek wil. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | en ek is nog net so sterk soos die eerste dag toe Moses my die land in gestuur het. Ek is nog tot enigiets in staat, selfs om oorlog toe te gaan. |