Joshua 14:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit is die lande wat die kinders van Israel in die land Kanaän beërf het, wat die priester Eleásar en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel aan hulle as erfdeel uitgedeel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hier volg nou ’n lys van die grond wat die ander stamme in die land Kanaän gekry het. Die priester Eleasar en Josua, die seun van Nun, het saam met die stamhoofde die grond verdeel.
Afrikaans 1933/1953 En dit is wat die kinders van Israel as erfdeel in die land Kanaän ontvang het, wat Ele sar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel aan hulle as erfenis uitgedeel het
Afrikaans 1983 Hier volg nou 'n oorsig van die gebiede wat die Israeliete in Kanaän ontvang het. Die priester Eleasar en Josua seun van Nun het saam met die stamhoofde die gebiede aan die Israeliete toegeken,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volgende is die gebiede wat die Israeliete in die land Kanaän as erfdeel ontvang het, wat Eleasar, die priester, en Josua, seun van Nun, asook die familiehoofde van die stamme van die Israeliete, as erfdeel aan hulle toegewys het
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hier is die grond wat die Israeliete in die land Kanaän gekry het. Die priester Eleasar en Josua seun van Nun en die familiehoofde van die stamme van die Israeliete het die grond vir hulle gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) [1-2] Wat nou volg, is ’n oorsig van hoe die priester Eleaser en Josua die seun van Nun saam met die familiehoofde die gebiede in Kanaän onder die nege en ’n half stamme van Israel verdeel het. Na aanleiding van die Here se opdrag aan Moses, het hulle lootjies getrek om te bepaal wie kry watter deel.