Joshua 13:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) met wie die Rubeniete en die Gadiete hulle erfdeel ontvang het wat Moses aan hulle gegee het, oorkant die Jordaan na die ooste, soos Moses, die kneg van die HERE, aan hulle gegee het;
Afrikaans (NLV) 2011 Ruben en Gad se stamme het reeds saam met die ander helfte van die Manassestam hulle grond gekry. Dit het gebeur toe Moses dit vir hulle gegee het terwyl hulle aan die oorkant, oos van die Jordaan, was. Moses, die dienaar van die Here, het die volgende gebiede vir hulle gegee:
Afrikaans 1933/1953 Saam met hom het die Rubeniete en die Gadiete hulle erfdeel ontvang wat Moses oorkant die Jordaan na die ooste toe aan hulle gegee het, soos Moses, die kneg van die HERE, dit aan hulle gegee het:
Afrikaans 1983 Saam met die ander helfte van die Manassestam het die stamme Ruben en Gad reeds hulle besitting ontvang wat Moses aan hulle toegeken het oorkant die Jordaan, aan die oostekant. Moses, die dienaar van die Here, het die volgende gebied aan hulle toegeken:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Saam met die ander halwe stam van Manasse het die stamme van Ruben en Gad hulle erfdeel wat Moses aan hulle gegee het oorkant die Jordaan, aan die oostekant, ontvang, net soos Moses, die dienskneg van die Here, dit aan hulle gegee het:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die stamme Ruben en Gad het saam met die halwe Manasse-stam hulle grond gekry wat Moses oos van die Jordaan-rivier vir hulle gegee het. Hulle het dit gekry toe Moses, die dienaar van die Here, dit vir hulle gegee het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses die Here se dienaar het reeds vir die stamme van Ruben, Gad en die ander helfte van die Manassestam hulle deel van die land aan die oostekant van die Jordaan gegee.