Joshua 13:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Al die inwoners van die gebergte van die Líbanon af tot by Misrefotmaim, en al die Sidoniërs, hulle sal Ek voor die kinders van Israel uit verdrywe; verdeel dit net deur die lot aan die Israeliete as 'n erfdeel, soos Ek jou beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die bewoners van die Libanonberg af tot by Misrefot-Majim, al die Sidoniërs, sal Ek tussen die Israeliete uit verdryf. Sorg dat hierdie gebiede as erfgrond na Israel toe kom, soos Ek jou beveel het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Al die bewoners van die gebergte, van die L¡banon af tot by M¡srefot-Maim, al die Sidoniërs -- Ek self sal hulle voor die kinders van Israel uit verdrywe; laat dit net as erfdeel aan Israel val soos Ek jou beveel het. |
| Afrikaans 1983 | “Ek sal al die bewoners van die bergwêreld verdryf om vir die Israeliete plek te maak, van die Libanon af tot by Misrefot-Majim, al die Sidoniërs. Intussen moet jy hierdie gebiede as besitting aan Israel toewys soos Ek jou beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al die inwoners van die bergland, van die Libanon af tot by Misrefot-Majim, al die Sidoniërs – Ek self sal hulle voor die Israeliete verdryf. Laat dit in elk geval as erfdeel aan Israel toeval, soos Ek jou beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Sidon-mense woon in die Libanon-berge tot by die stad Misrefot-Majim. Ek sal hulle almal ook wegjaag om plek te maak vir die Israeliete. Maar jy moet lootjies trek om die land vir die Israeliete te gee, jy moet doen soos Ek vir jou gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [6-7] Dit sluit ook die hoër bergagtige gebiede van die Libanon af tot by Misrefot-Majim in. Ek sal al hierdie mense uit hulle gebiede wegdryf sodat die Israeliete daar kan gaan bly. Wat jy moet doen, is om te sorg dat die hele land onder die halwe Manassestam en die ander nege oorblywende stamme verdeel word volgens my opdrag aan jou. |