Joshua 13:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Van die suide af, die hele land van die Kanaäniete en Meara wat naas die Sidoniërs is, tot by Afek, tot by die grense van die Amoriete;
Afrikaans (NLV) 2011 “In die noorde is daar die hele Kanaänitiese gebied van Teman af, Meara, wat aan die Sidoniërs behoort, noord tot by Afek aan die Amoritiese grens.
Afrikaans 1933/1953 in die suide; die hele land van die Kanaäniete en M,ara wat aan die Sidoniërs behoort, tot by Afek, tot by die grens van die Amoriete;
Afrikaans 1983 [4-5] “Verder is daar die hele Kanaänitiese gebied van Teman af, die Gebalgebied van Meara af wat aan die Sidoniërs behoort, tot by Afek aan die Amoritiese grens en die hele Libanon aan die oostekant, van Baäl-Gad suid van Hermonberg af tot by Lebo-Hamat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vanaf die suide is dit die hele land van die Kanaäniete, en vanaf Ara, wat aan die Sidoniërs behoort, strek dit tot by Afek, by die grens van die Amoriete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is ook nog die hele land van die Kanaäniete wat begin by die stede Teman en Meara en wat aan die mense van die stad Sidon behoort. Dit is die grond tot by die stad Afek, die grond van die Amoriete begin daar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die res van die Kanaäniete se gebied moet ook nog ingeneem word, insluitend Meara wat aan die Sidoniërs behoort en verder noordwaarts tot by Afek aan die Amoritiese grens;