Joshua 13:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die helfte van Gílead en Astarot en Edreï, stede van die koninkryk van Og in Basan, het aan die kinders van Magir, die seun van Manasse, behoort, tot die een helfte van die kinders van Magir volgens hulle geslagte.
Afrikaans (NLV) 2011 die helfte van Gilead, en Astarot en Edreï, die koningstede van Og in Basan. Dit is die dele wat die nakomelinge van Makir, die een seun van Manasse, ontvang het.
Afrikaans 1933/1953 en die halwe G¡lead en Astarot en Edr,‹, stede van die koninkryk van Og in Basan, aan die kinders van Magir, die seun van Manasse -- aan die helfte van die kinders van Magir volgens hulle geslagte.
Afrikaans 1983 die helfte van Gilead, en Astarot en Edreï, die koningstede van Og in Basan. Dit is wat die nakomelinge van Makir seun van Manasse ontvang het, die families in die een helfte van die nakomelinge van Makir.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die helfte van Gilead, asook Astarot en Edreï, die dorpe van die koninkryk van Og in Basan, is aan die nageslag van Magir, seun van Manasse, gegee, aan die helfte van die nageslag van Magir, ooreenkomstig hulle familiegroepe.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die halwe Manasse-stam het ook die helfte van die land Gilead gekry, en die stede Astarot en Edreï. Og was daar die koning. Die helfte van die nageslag van Makir seun van Manasse het hierdie stede gekry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ook die helfte van Gilead en koning Og se koninklike hoofstede in Basan, naamlik Astarot en Edreï. Dit is die gebied wat die een helfte van die nageslag van Makir seun van Manasse, gekry het.