Joshua 13:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle gebied was van Mahanaim af, die hele Basan, die hele koninkryk van Og, die koning van Basan, en al die dorpe van Jaïr wat in Basan is, sestig stede;
Afrikaans (NLV) 2011 Van Maganajim af die hele Basan, die hele koninkryk van koning Og van Basan, al 60 die tentdorpe van Jaïr in Basan,
Afrikaans 1933/1953 hulle grondgebied was: van Mahan im af, die hele Basan, die hele koninkryk van Og, die koning van Basan, en al die Ja‹rsdorpe in Basan, sestig stede;
Afrikaans 1983 van Maganajim af die hele Basan, die hele koninkryk van koning Og van Basan, al die tentdorpe van Jaïr in Basan, sestig altesaam,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle gebied was van Maganajim af, die hele Basan, die hele koninkryk van Og, die koning van Basan en die hele Gawwoot-Jaïr wat in Basan is – sestig dorpe altesaam.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Van die stad Maganajim het hulle die hele land Basan gekry, die hele land van koning Og van Basan, al die kampe van Jaïr wat in Basan is. Dit was almal saam 60 stede.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) van Maganajim af, wat die hele gebied van Basan insluit, asook die hele koninkryk van Og, die koning van Basan, en al 60 die tentdorpe van Jaïr in Basan.