Joshua 13:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Van Sihor af wat voor Egipte lê, tot by die grense van Ekron, noordwaarts, wat tot die Kanaäniete gereken word: vyf vorste van die Filistyne; die Gasatiete en die Asdotiete, die Eskaloniete, die Gittiete en die Ekroniete; ook die Aviete:
Afrikaans (NLV) 2011 Die gebied van die spruit van Sigor af teen die grens met Egipte tot by die Ekrongebied in die noor-de is Kanaänitiese gebied. Dit is die gebiede van die vyf Filistynse regeerders van Gasa, Asdod, Askelon, Gat en Ekron. Daar is nog die gebied van die Awwiete in die suide.
Afrikaans 1933/1953 van die Sihor aan die kant van Egipte af tot by die grens van Ekron na die noorde, wat as Kanaänities gereken word; die vyf vorste van die Filistyne: die van Gasa en die van Asdod, die van Askelon, die van Gat en die van Ekron, en die Awiete
Afrikaans 1983 Die gebied van die Sigor af teen Egipte tot by die Ekrongebied in die noorde word as Kanaänitiese gebied beskou. Dit is die gebiede van die vyf Filistynse regeerders, dié van Gasa, Asdod, Askelon, Gat en Ekron, en dit sluit die gebied van die Awwiete in.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) van die Sigor af wat langs Egipte lê, noordwaarts tot by die gebied van Ekron. Dit word as Kanaänitiese gebied gereken, naamlik die gebied van die vyf Filistynse regeerders van Gasa, Asdod, Askelon, Gat, en Ekron, en van die Awwiete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is 'n deel van die land Kanaän, en dit is die grond van die Sigor-rivier naby Egipte tot by die stad Ekron in die noorde. Die grond van die vyf leiers van die Filistyne wat regeer oor die stede Asdod, Askelon, Gat, Ekron en Gasa is 'n deel van die land.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ook die deel van hierdie gebied wat aan die Kanaäniete behoort. Dit is die gebied wat strek van die Sigorrivier af aan die oosgrens van Egipte en noordwaarts tot by die grens met Ekron. Dit sluit in die vyf Filistynse dorpe Gasa, Asdod, Askelon, Gat en Ekron, asook die gebied van die Awwiete in die suide.