Joshua 13:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in die dal, Bet-ram en Bet-Nimra en Sukkot en Safon, die res van die koninkryk van Sihon, die koning van Hesbon, die Jordaan en sy gebied, tot by die rand van die See van Kinneret, anderkant die Jordaan, ooswaarts. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bet-Haram, Bet-Nimra, Sukkot en Safon in die vallei, die oorblywende deel van die koninkryk van koning Sihon van Gesbon, die Jordaanstreek tot so ver noord as die See van Galilea, oos van die Jordaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | en in die dal: Bet-- Haram en Bet-Nimra en Sukkot en Safon, die oorblyfsel van die koninkryk van Sihon, die koning van Hesbon, die Jordaan saam met sy gebied, tot by die uiteinde van die Kinn,retsee, oorkant die Jordaan na die ooste toe. |
| Afrikaans 1983 | en in die laagte Bet-Haram, Bet-Nimra, Sukkot en Safon, die oorblywende deel van die koninkryk van koning Sihon van Gesbon, die Jordaanstreek tot aan die Gennesaretmeer, die streek oos van die Jordaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | in die Jordaanvallei was dit Bet-Haram, Bet-Nimra, Sukkot en Safon; die res van die koninkryk van Sihon, die koning van Gesbon – die Jordaan en oewergebied tot by die punt van die See van Gennesaret oorkant die Jordaan aan die oostekant. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en in die Jordaan-vallei die stede Bet-Haram, Bet-Nimra, Sukkot en Safan. Dit is die deel van die land van koning Sihon van Gesbon wat oorgebly het. Dit was oos van die Jordaan-rivier tot by die Gennesaret-meer. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die Jordaanvallei het dit Bet-Haram, Bet-Nimra, Sukkot en Safon, ingesluit asook die res van die koninkryk van koning Sihon van Gesbon. Die westelike grens van hulle gebied was die Jordaan, tot so ver noord as die See van Gennesaret. |