Joshua 13:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die gebied van die kinders van Ruben was die Jordaan en sy grens. Dit was die erfdeel van die kinders van Ruben volgens hulle geslagte, die stede en die dorpe daarvan.
Afrikaans (NLV) 2011 Die grond van die stam Ruben het aan die Jordaan gegrens. Hierdie dorpe en hulle buiteposte is vir die afstammelinge van Ruben gegee as hulle erfgrond.
Afrikaans 1933/1953 So was dan die grens van die kinders van Ruben: die Jordaan saam met sy gebied; dit was die erfdeel van die kinders van Ruben volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
Afrikaans 1983 Die gebied van die stam Ruben het aan die Jordaan gegrens. Dit was dan die besitting van die families in die stam Ruben, die stede en hulle buiteposte.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die grens van die nageslag van Ruben was die Jordaan en oewergebied. Dit was die erfdeel van die nageslag van Ruben, ooreenkomstig hulle familiegroepe – die dorpe met hulle gehuggies.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die grond van die Ruben-stam was langs die Jordaan-rivier. Dit was die grond van die families van die Ruben-stam, en dit was die stede en die dorpies daar naby.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die wesgrens van Ruben se grondgebied was die Jordaan. Al die dorpe en stede in hierdie gebied was die erfdeel van die families van die stam van Ruben.