Joshua 13:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al die stede van die vlakte en die hele koninkryk van Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon geregeer het, wat Moses verslaan het saam met die vorste van Mídian, Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, wat vorste was van Sihon, wat in die land woon. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | al die stede op die plato, die hele koninkryk van die Amoritiese koning Sihon wat in Gesbon regeer het. Moses het vir Sihon verslaan en ook sy bondgenote, die Midianitiese leiers Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba, wat saam met hom in die land gewoon het. |
| Afrikaans 1933/1953 | en al die stede van die gelykveld en die hele koninkryk van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon geregeer het, wat Moses verslaan het saam met die vorste van M¡dian: Ewi en Rekem en Sur en Hur en Reba, die vorste van Sihon, inwoners van die land. |
| Afrikaans 1983 | al die stede op die hoogvlakte, die hele koninkryk van die Amoritiese koning Sihon wat in Gesbon geregeer het. Moses het vir Sihon verslaan en ook die Midianitiese leiers Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba, stamhoofde wat aan Sihon onderhorig was en in die land gewoon het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was al die dorpe op die plato en die hele koninkryk van Sihon, die koning van die Amoriete wat in Gesbon regeer het. Moses het hom en die Midianitiese leiers, Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba, stamhoofde van Sihon wat in die land gewoon het, verslaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was al die stede op die Hoëveld, die hele land van koning Sihon van die Amoriete. Sihon was die koning in Gesbon. Moses het vir Sihon oorwin saam met die leiers van die Midianiete. Die leiers was Ewi, Rekem, Sur, Gor en Reba. Hulle was amptenare van Sihon en hulle het in die land gewoon. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hierdie gebied het al die stede op die platorand ingesluit, asook die hele koninkryk van koning Sihon. Hy was die Amoritiese koning wat in Gesbon regeer het en wat saam met die leiers van Midian Ewi, Rekem, Sur, Gur en Reba deur Moses verslaan is. |