Joshua 13:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Net aan die stam van Levi het hy geen erfdeel gegee nie; die vuuroffers van die HERE, die God van Israel, is hulle erfdeel, soos Hy aan hulle gesê het.
Afrikaans (NLV) 2011 Aan die stam van Levi het Moses nie hulle eie grond gegee nie. Hulle erfenis is die offers wat vir die Here, die God van Israel, gebring word. Dit is soos Hy hulle beloof het.
Afrikaans 1933/1953 Net aan die stam van Levi het hy geen erfdeel gegee nie: die vuuroffers van die HERE, die God van Israel, dit is sy erfdeel, soos Hy hom beloof het.
Afrikaans 1983 Net aan die stam Levi het Moses nie 'n eie besitting toegeken nie. Die Leviete is offers aan die Here die God van Israel en hulle ontvang van wat Hom toekom, soos Hy hulle beloof het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Net aan die stam van Levi is geen erfdeel gegee nie. Die offergawes van die Here, die God van Israel, dit is hulle erfdeel, soos die Here vir hulle gesê het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het nie vir die Levi-stam hulle eie grond gegee nie. Die Here het vir Moses gesê die Levi-stam moet die vuur-offers kry van die Here, die God van Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net die stam van Levi het nie ’n eie grondgebied gekry nie. Hulle erfdeel was, soos die Here beloof het, ’n deel van die offers wat op die altaar aan die Here, die God van Israel, geoffer is.