Joshua 13:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die hele koninkryk van Og in Basan, wat in Astarot en in Edreï geregeer het, wat oorgebly het van die oorblyfsel van die reuse; want hulle het Moses verslaan en hulle uitgedryf. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | en die hele koninkryk van Og in Basan wat vanuit Astarot en Edreï regeer het. Og was een van die laaste Refaïete. Moses het hulle verslaan en uitgedryf. |
| Afrikaans 1933/1953 | die hele koninkryk van Og in Basan, wat koning was in Astarot en in Edr,‹hy het oorgebly uit die laastes van die Refa‹ete; en Moses het hulle verslaan en verdrywe. |
| Afrikaans 1983 | met insluiting van die hele koninkryk van Og in Basan wat in Astarot en Edreï geregeer het. Og was een van die laaste Refaïete. Moses het hulle verslaan en verdryf. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | die hele koninkryk van Og in Basan wat in Astarot en Edreï regeer het. Hy was die laaste wat oorgebly het van die Refaïete. Moses het hulle verslaan en hulle uitgedryf. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was die hele land van koning Og in Basan, hy was die koning in die stede Astarot en Edreï. Og was een van die Refaïete wat nog gelewe het. Moses het hierdie mense oorwin en weggejaag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit het ook die koninkryk van koning Og van Basan, wat in Astarot en Edreï regeer het, ingesluit. Hy was die laaste van die Refaïete wat Moses nog verslaan en verdryf het. |