Joshua 13:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josua was oud en verdruk in jare; en die HERE sê vir hom: Jy is oud en verdruk in jare, en daar is nog baie land oor om in besit te neem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua het oud geword. Die Here het vir hom gesê: “Jy het aangestap in jare en baie van die land is nog oor om in besit geneem te word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe Josua oud en ver op sy dae was, het die HERE vir hom gesê: Jy is oud en ver op jou dae, en daar het nog 'n baie groot stuk land oorgebly om in besit te neem. |
| Afrikaans 1983 | Josua was al baie oud. Die Here het vir hom gesê: “Jy is al baie oud, en daar is nog 'n baie groot deel van die land wat in besit geneem moet word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe Josua oud en gevorderd in jare was, het die Here vir hom gesê: “Jy is oud en gevorderd in jare en 'n baie groot deel van die land wat in besit geneem moet word, is nog oor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Josua baie oud was, het die Here vir hom gesê: “Jy is baie oud, en julle het 'n groot deel van die land nog nie oorwin en vir julleself gevat nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Teen dié tyd was Josua al baie oud. Daarom het die Here vir hom gesê: “Jy is nou al baie oud, maar daar is nog ’n groot deel van die land wat ingeneem moet word: |