Joshua 12:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die berge en in die valleie en in die vlaktes en in die fonteine en in die woestyn en in die Suidland; die Hetiete, die Amoriete en die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete;
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was die heuwelgebied, die kusvlakte, die Jordaanvallei, die heuwelhange, die woestyngebied en die Negevwoestyn. Die mense wat hier gebly het, was die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.
Afrikaans 1933/1953 op die Gebergte en in die Laeveld en in die Vlakte en aan die hange en in die woestyn en in die Suidland: die Hetiete, Amoriete en Kanaäniete, die Feresiete, Hewiete en Jebusiete:
Afrikaans 1983 die Bergland, die Laeveld, die Jordaanvallei, die Hange, die woestyngebied en die Suidland, die gebiede waar die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete gewoon het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die bergland en die Sjefela, in die Araba, teen die berghange, in die woestyn en in die Negev, die gebied van die Hetiete, die Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete, was dit
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die Bergland, die Laeveld, die Jordaan-vallei, die Heuwels, die woestyn en die Suid-land. Dit was die land waar die Hetiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete gewoon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit het ingesluit die berggebiede, die laeveld, die Jordaanvallei, die oostelike hange en die woestyngebied tot in die suide. Dit was gebiede wat voorheen aan die Hetiete, die Amoriete, die Kanaäniete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete behoort het.