Joshua 12:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het geregeer op die berg Hermon en in Salka en in die hele Basan, tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete en die halwe Gílead, die grens van Sihon, die koning van Hesbon.
Afrikaans (NLV) 2011 Die gebied waaroor hy geheers het, was vanaf Hermonberg na Salka in die noorde en die hele Basan in die ooste. Na die weste was dit tot aan die grens van Gesur en Maäka. Sy deel was die noordelike deel van Gilead tot aan die grens van die gebied van koning Sihon van Gesbon.
Afrikaans 1933/1953 en wat geheers het oor die gebergte Hermon en oor Salka en oor die hele Basan tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete, en tot die helfte van G¡lead, die grondgebied van Sihon, die koning van Hesbon.
Afrikaans 1983 waaroor hy geheers het, het Hermonberg, Salka en die hele Basan ingesluit, tot aan die grens van Gesur en Maäka, en ook die helfte van Gilead tot aan die grens van die gebied van koning Sihon van Gesbon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) en regeer het oor die berg Hermon, oor Salga en die hele Basan tot by die grens van die mense van Gesur en Maäga, die helfte van Gilead, en tot by die grens van Sihon, die koning van Gesbon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en hy het regeer oor Hermon-berg en Salka en die hele Basan tot teen die land waar die mense van Gesur en Maäka gewoon het. Dit was die helfte van die land Gilead, tot teen die land van koning Sihon van Gesbon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy koninkryk het gestrek van die berg Hermon af tot by Salka in die noorde en het ook die hele Basan in die ooste ingesluit. In die weste het Og se ryk gegrens aan die koninkryke van Gesur en Maäka. Hy het ook oor die ander helfte van Gilead regeer wat nie aan koning Sihon van Gesbon behoort het nie.