Joshua 12:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het en geregeer het van Aroër af wat aan die oewer van die Arnonrivier lê, en van die middel van die rivier af en van die halwe Gílead af tot by die Jabbokrivier wat die grens is van die kinders van Ammon;
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Sihon van die Amoriete het in Gesbon gebly. Hy het geheers van Aroër af aan die kant van die Arnon, deur die middel van die vallei, tot aan die Jabbokspruit waar die Ammoniete se gebied begin. Dit is die helfte van Gilead se gebied aan die noordekant van die Jabbok.
Afrikaans 1933/1953 Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon gewoon het, wat geheers het van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê: van die middel van die rivier af en oor die helfte van G¡lead tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon;
Afrikaans 1983 Koning Sihon van die Amoriete in Gesbon het geheers oor die helfte van Gilead, van Aroër af aan die kant van die Arnonbedding, die middel van die bedding, tot aan Jabbokspruit waar die Ammoniete se gebied begin.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Gesbon gesetel was en regeer het van Aroër af, wat op die rand van die Arnondal lê, vanaf die middel van die dal, oor die helfte van Gilead en tot aan die Jabbokdal, die grens van die Ammoniete,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit was die land van Sihon, die koning van die Amoriete, hy het in die stad Gesbon gewoon. Hy het regeer oor hierdie dele van land: van die stad Aroër langs die Arnon-vallei, van die middel van die vallei tot teen die Jabbok-vallei, die helfte van die land Gilead, langs die land van die Ammoniete,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was eerstens koning Sihon van die Amoriete, wat in Gesbon gebly en oor die helfte van Gilead regeer het. Sy gebied het gestrek vanaf Aroër op die rand van die Arnonvallei, deur die middel van die vallei tot by die Jabbokrivier wat die grens gevorm het met die Ammoniete se gebied.