Joshua 11:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE het hulle oorgegee in die hand van Israel, wat hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by die groot Sidon en tot by Misrefotmaim en tot by die dal Mispa, teen die ooste; en hulle het hulle verslaan totdat hulle niemand oorgebly het nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here het vir Israel die oorwinning gegee. Hulle het die vyand agtervolg tot by Groot-Sidon, Misrefot-Majim en tot in die Mispelaagte in die ooste. Die Israeliete het hulle uitgeroei totdat daar nie een oor was nie.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het hulle in die hand van Israel gegee, sodat die hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by Groot-Sidon en tot by M¡srefot-Maim en tot by die laagte van Mispe teen die ooste; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle was wat vrygeraak het nie.
Afrikaans 1983 Die Here het hulle in die mag van Israel oorgegee en dié het hulle verslaan en hulle agtervolg by Groot-Sidon, Misrefot-Majim en die Mispelaagte in die ooste. Die Israeliete het hulle uitgeroei. Nie een het vrygekom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het hulle in die hand van Israel gegee, en Israel het hulle verslaan en agtervolg tot by Groot-Sidon, Misrefot-Majim en die Mispevallei in die ooste. Hulle het hulle verslaan, totdat daar van hulle niemand oor was wat ontvlug het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het die Israeliete laat wen teen die vyande. Die Israeliete het hulle oorwin en hulle het die vyande gevolg en gejaag tot by die stad Groot-Sidon en tot by die stad Misrefot-Majim en tot by die Mispe-vallei in die ooste. Die Israeliete het al die vyande doodgemaak, nie een het aangehou lewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir Israel die oorwinning gegee. Toe die vyand vlug, het hulle hulle agternagesit tot so ver noord as Sidon-Rabba en Misrefot-Majim en ook tot by die vallei van Mispa in die ooste. Hulle het nie opgehou voordat hulle die hele mag uitgeroei het nie.