Joshua 11:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarop het Josua, en al die krygsmanne saam met hom, skielik teen hulle gekom by die waters van Merom; en hulle het op hulle geval. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua en sy hele mag het na die Meromwaters opgeruk en hulle in ’n verrassingsaanval oorval. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Josua met al die weerbare manskappe by hom het skielik op hulle afgekom by die waters van Merom en hulle oorval. |
| Afrikaans 1983 | Josua en al sy manskappe het die vyand skielik oorval by die Meromwaters. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua en al die weerbare manskappe saam met hom het hulle by die waters van Merom verras en hulle oorval. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua en al die soldate by hom het die vyande gesien by die Merom-rivier en hulle het die vyande aangeval. Die vyande het dit nog nie verwag nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josua en sy soldate is toe af na Merom toe, waar hulle ’n verrassingsaanval op die ander leër geloods het. |