Joshua 11:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Josua: Wees nie bevrees vir hulle nie, want môre omtrent hierdie tyd sal Ek hulle almal wat verslaan is voor Israel oorgee; jy moet hulle perde kap en hulle strydwaens met vuur verbrand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het toe vir Josua gesê: “Jy moenie vir hulle bang wees nie. Môre hierdie tyd sal Ek hulle aan Israel oorgee en dan sal hulle almal dood wees. Jy moet hulle perde se hakskeensenings afsny en hulle strydwaens verbrand.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die HERE vir Josua: Wees vir hulle nie bevrees nie; want môre omtrent sulke tyd sal Ek hulle, almal verslaan, aan Israel oorgee; hulle perde se hakskeensenings moet jy afsny en hulle waens met vuur verbrand. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir Josua gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie. Môre dié tyd gee Ek hulle oor aan Israel, dan sneuwel hulle almal. Jy moet hulle perde se hakskeensenings afsny en hulle strydwaens verbrand.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Josua gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie, want môre teen hierdie tyd sal Ek hulle almal doodgemaak aan Israel oorlewer. Hulle perde se hakskeensenings moet jy afkap, en hulle strydwaens moet jy verbrand.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Josua gesê: “Jy moenie bang wees vir hulle nie, want môre hierdie selfde tyd sal Ek die Israeliete laat wen teen hulle. Hulle sal almal sterf in die oorlog. Jy moet hulle perde se hakskene sny en jy moet hulle oorlogkarre verbrand.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die Here het vir Josua gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie. Teen dié tyd môre gee Ek hulle oor aan Israel om hulle almal dood te maak. Jy moet hulle perde se hakskeensenings afsny en hulle strydwaens verbrand.” |