Joshua 11:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe al hierdie konings bymekaargekom het, het hulle gekom en laer opgeslaan by die waters van Merom om teen Israel te veg.
Afrikaans (NLV) 2011 Al hierdie konings het ’n bondgenootskap gesluit. Hulle het almal by die Meromwaters bymekaargekom en reggemaak om teen Israel te gaan veg.
Afrikaans 1933/1953 en al hierdie konings het volgens afspraak byeengekom en saam laer opgeslaan by die waters van Merom, om met Israel oorlog te voer.
Afrikaans 1983 Al die konings het 'n bondgenootskap gesluit en saam hulle soldate vir die oorlog teen Israel ontplooi by die Meromwaters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al hierdie konings het kragte saamgesnoer, gegaan en kamp opgeslaan by die waters van Merom om teen Israel oorlog te voer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al daardie konings het bymekaargekom en hulle het hulle tente opgeslaan by die Merom-rivier, hulle wou oorlog maak teen die Israeliete.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie gesamentlike mag het hulle kamp by die meer van Merom opgeslaan, gereed vir die oorlog teen die Israeliete.