Joshua 11:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het uitgetrek, hulle en al hulle leërs saam met hulle, baie mense, soos die sand wat op die seestrand is in menigte, met perde en strydwaens baie.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal het met hulle leërs en perde en strydwaens saamgetrek vir oorlog teen Israel. Hulle was so baie soos die sandkorrels op die strand.
Afrikaans 1933/1953 Hulle het dan uitgetrek en al hulle leërs saam met hulle, 'n volk talryk soos die sand wat aan die seestrand is in menigte, met 'n groot getal perde en strydwaens;
Afrikaans 1983 Hulle het almal gekom met hulle leërs, 'n groot menigte, so baie soos die sand van die see. Hulle het ook baie perde en strydwaens gehad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het met al hulle leërs saam met Jabin uitgetrek, met baie manskappe, so talryk soos die sand wat langs die seestrand is en met 'n groot aantal perde en strydwaens.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die konings het almal hulle leërs gebring, dit was baie mense, so baie soos die sand langs die see. Hulle het ook baie perde en oorlogkarre gehad, dit was baie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Al hierdie konings het onmiddellik op die boodskap gereageer en gereedgemaak vir oorlog. Hulle gesamentlike leër saam met hulle perde en strydwaens was so groot dat hulle soos die sandkorrels op die strand gelyk het.