Joshua 11:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Josua die hele land ingeneem volgens alles wat die HERE aan Moses gesê het; en Josua het dit as 'n erfdeel aan Israel gegee volgens hulle afdelings volgens hulle stamme. En die land het gerus van oorlog.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het die hele land ingeneem, soos die Here vir Moses beveel het. Josua het toe die land soos dit tussen die stamme verdeel is, aan Israel as hulle erfgrond gegee. Die land kon toe tot rus kom van die oorlog.
Afrikaans 1933/1953 So het Josua dan die hele land ingeneem net soos die HERE met Moses gespreek het; en Josua het dit as 'n erfdeel aan Israel gegee volgens hulle afdelings, volgens hulle stamme; en die land het gerus van oorlog.
Afrikaans 1983 Josua het die hele land ingeneem soos die Here vir Moses beveel het, en toe die land as besitting aan Israel gegee, vir elke stam 'n deel. Die land kon toe rus van oorlog.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het die hele landstreek verower, net soos die Here vir Moses gesê het. Josua het dit aan Israel as erfdeel gegee, ooreenkomstig die indeling van hulle stamme. Die land het toe gerus van oorlog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het die hele land oorwin en gevat, hy het alles gedoen wat die Here voorheen vir Moses gesê het. Josua het die land vir die Israeliete gegee, elke stam het 'n deel van die land gekry. Daar was toe nie meer oorlog in die land nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Volgens die Here se opdrag aan Moses het Josua die hele land ingeneem. Hy het dit aan die Israeliete as hulle besitting gegee deur dit gelykop onder die stamme te verdeel. Na ’n ruk was die land uiteindelik vry van oorlog.