Joshua 11:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in dié tyd het Josua gekom en die Enakiete uitgeroei uit die berge, uit Hebron, uit Debir, uit Anab en uit al die gebergte van Juda en van al die berge van Israel; Josua het hulle met hulle stede met die banvloek getref.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was in hierdie tyd dat Josua ook die afstammelinge van die Enakiete in die berge, in Hebron, Debir en Anab, in al die Judaberge en in al die Israelberge, uitgewis het. Josua het hulle saam met hulle stede totaal uitgeroei.
Afrikaans 1933/1953 En in die tyd het Josua gekom en die Enakiete uitgeroei, uit die gebergte, uit Hebron, Debir, Anab en uit die hele gebergte van Juda en die hele gebergte van Israel; met hul stede saam het Josua hulle met die banvloek getref.
Afrikaans 1983 In dié tyd het Josua ook die Enakiete in die berge, in Hebron, Debir en Anab, in al die Judaberge en in al die Israelberge uitgeroei. Hy het hulle saam met hulle stede uitgeroei,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het in hierdie tyd die Enakiete gaan uitroei – uit die bergland, uit Hebron, Debir en Anab, uit die hele bergland van Juda en uit die hele bergland van Israel. Josua het hulle saam met hulle stede met die banvloek getref.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het in daardie tyd ook die Enak-mense almal doodgemaak. Die Enak-mense het gewoon in die berge van Hebron, in die stad Debir en die stad Anab, en in al die berge van Juda en Israel. Josua het gesê die mense en hulle stede is gewy aan die Here, en hy het hulle doodgemaak en die stede verwoes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In dié tyd het Josua ook die Enakiete in die berge van Hebron, Debir en Anab, asook in die berggebiede van Juda en Israel, uitgeroei.