Joshua 11:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want dit was van die HERE om hulle hart te verhard, dat hulle teen Israel sou kom in die geveg, dat Hy hulle met die banvloek sou tref, en dat hulle geen guns sou hê nie, maar om hulle te vernietig, soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit was die Here wat hulle oorreed het om eerder oorlog teen Israel te maak sodat Israel hulle met die banvloek kon tref en hulle geheel en al kon uitwis soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans 1933/1953 Want die HERE het dit so bestier dat hulle hul hardnekkig voorgeneem het om Israel te bestry, sodat die hulle met die banvloek sou tref, dat daar vir hulle geen genade sou wees nie; maar dat die hulle sou verdelg, soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans 1983 Dit was die Here wat hulle in verset laat kom het, sodat hulle teen Israel geveg het: hulle moes sonder genade uitgeroei word, uitgewis word, soos die Here vir Moses beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was immers deur die Here se toedoen dat hulle hulle harte verhard het om teen Israel oorlog te voer, sodat Israel hulle met die banvloek kon tref en daar nie vir hulle genade sou wees nie – ja, sodat Israel hulle kon verdelg soos die Here Moses beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here self het daardie konings hardkoppig gemaak sodat hulle oorlog wou maak teen die Israeliete. Die Here wou hê dat die Israeliete nie jammer moes wees vir die mense nie, Hy wou hê dat die Israeliete almal moes doodmaak, soos Hy vir Moses gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het toegelaat dat hulle hardkoppig bly. Hulle het toe in oorloë met die Israeliete betrokke geraak en is voor die voet vernietig, volgens die Here se opdrag aan Moses.