Joshua 11:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar was geen stad wat vrede gemaak het met die kinders van Israel nie, behalwe die Hewiete, die inwoners van Gibeon; al die ander het hulle in die geveg ingeneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Behalwe die Hewiete wat in Gibeon gewoon het, wou geen stad met die Israeliete vrede sluit nie. Hulle moes almal deur gevegte verower word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daar was geen stad wat met die kinders van Israel vrede gesluit het nie, behalwe die Hewiete, die inwoners van G¡beon; alles het hulle met wapengeweld geneem. |
| Afrikaans 1983 | Behalwe die Hewiete in Gibeon het nie een stad met die Israeliete vrede gemaak nie. Die Israeliete het hulle almal in gevegte verower. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was nie 'n stad wat vrede gesluit het met die Israeliete nie, behalwe die Hewiete wat in Gibeon woon. Al hierdie stede het die Israeliete in die oorlog verower. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense in die stede het nie vrede gemaak met Josua nie. Die Israeliete het al die stede oorwin in die oorlog. Net die Hewiete in die stad Gibeon het vrede gemaak met die Israeliete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Behalwe die Hewiete wat in Gibeon gebly het, was daar nie een ander stad wat met die Israeliete ’n vredesverdrag gesluit het nie. Hulle is almal in gevegte verslaan. |