Joshua 11:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Selfs van die berg Halak af wat opgaan tot by Seïr, tot by Baälgad in die dal van die Líbanon onder die berg Hermon; en al hulle konings het hy geneem en hulle verslaan en hulle gedood. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die gebied van Israel het nou geloop van Kaalbergwat oploop na Seïr toe, tot by Baäl-Gad in die Libanonvallei aan die voet van die Hermonberg. Josua het al die konings van hierdie gebiede verslaan en hulle doodgemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | van die Kaal Berg af, wat oploop na Se‹r toe, tot by Baäl-Gad in die laagte van die L¡banon onderaan die berg Hermon; en al hulle konings het hy gevang en hulle verslaan en hulle gedood. |
| Afrikaans 1983 | Die gebied het gestrek van Kaalberg af wat na Seïr toe oploop, tot by Baäl-Gad in die Libanonvallei onderkant Hermonberg. Josua het al die konings in dié gebied verslaan en doodgemaak. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | van die berg Galak af wat oploop na Seïr, tot by Baäl-Gad in die Libanonvallei onderkant die berg Hermon. Al hulle konings het hy gevange geneem, hulle neergevel en hulle doodgemaak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit was die land van die Galak-berg naby die land Seïr tot by die stad Baäl-Gad in die Libanon-vallei suid van Hermon-berg. Josua het al die konings oorwin en hy het hulle doodgemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | [17-18] Die gebied het gestrek van die Kaalberg in die suide, wat oploop na Seïr toe, tot by Baäl-Gad, aan die voet van die berg Hermon in die Libanonvallei in die noorde. Josua was lank in ’n oorlog met die konings van hierdie gebied gewikkel, maar hy het hulle uiteindelik almal verslaan en doodgemaak. |